Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

LydenstydVoorbeeld

Lydenstyd

DAG 36 VAN 43

Oordenkingsvrae:

1. Waarom is dit belangrik om na te dink oor die gewig en betekenis van sonde terwyl ons voorberei om Paasfees te vier?

2. Het jy al 'n tydperk beleef waarin jy van God gevlug het? Dink na oor hoe God jou herstel het nadat jy na Hom teruggekeer het.

3. Wat beteken dit dat Jesus die opstanding en die lewe is, soos Hy in Johannes 11:25 sê? Wat beteken dit vir jou en jou redding?

4. Hoe raak die pa se reaksie in die gelykenis van die verlore seun jou? Glo jy dat God jou op dieselfde manier verwelkom? Hoekom of hoekom nie?

5. Hoe bring die wete van Jesus se verskriklike lyding aan die kruis vir jou troos? Is Hy as gevolg hiervan minder of meer in staat om jou in jou lyding te ontmoet? Hoekom of hoekom nie?

Aangaande hierdie leesplan

Lydenstyd

Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans