Jesus se Laaste DaeVoorbeeld

Jesus se Laaste Dae

DAG 2 VAN 8

Jesus Reinig die Tempel (Maandag, vier dae voor die kruisiging)

Jesus besoek die tempel en tref toe handelaars (geldwisselaars en duiwe verkopers) daar aan wat die tempel ontheilig deur dit te gebruik as 'n plek om 'n maklike wins te maak. Jesus se reaksie kan as niks anders as woede beskryf word nie. Woede is nie altyd verkeerd nie. Woede dui juis aan dat iemand passievol is oor 'n saak. Jesus was passievol dat die tempel 'n "huis van gebed" moet wees en nie ontheilig moes word in die naam van onregverdige wins nie. Daarna het Jesus uit gegaan en op pad ‘n onvrugbare vyeboom vervloek (in ons volgende leesstuk kyk ons verder hierna).

Jesus reinig die tempel: Matteus 21:12-13, Markus 11:15-18, Lukas 19:45-48

Jesus vervloek die vyeboom: Matteus 21:18-19, Markus 11:12-14

Die tempel was bedoel om ‘n plek te wees waar mense God kan ontmoet. Dit is ‘n wonderlike realiteit dat nou, na Jesus se dood en opstanding, beide die kerk en ook selfs ons eie liggame die tempel van God genoem word. Tempels, soos die tempel in Jerusalem, is maar net mensgemaakte geboue. Dink aan die woorde van Jesaja 6:1 (ingesluit in vandag se Skrifgedeeltes). Die soom van God het die tempel gevul. In Jesaja se gedagtes was die tempel die grootste mensgemaakte struktuur denkbaar en dit is gevul met die soom van God se kleed, die kleinste deel van Hom.

Tempels het altyd afbeeldings van gode bevat. Wanneer God vir Adam en Eva in die tuin plaas, beskryf Hy hulle so: "gemaak na sy beeld en na sy gelykenis". Dit maak nie mense gode nie, dit beteken dat ons ‘n spesiale plek in die skepping het. Die hele skepping is maar die agtergrond waarteen God se liefdesverhaal tussen Hom en mense — ek en jy — afspeel.

Sonde het die mens as God se beeld en na sy gelykenis geskend. Maar in Jesus is ons weer in staat om werklik met God ‘n lewende verhouding te hê.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jesus se Laaste Dae

Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/