Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en BarmhartigheidVoorbeeld
Die kerk se sewevoudige bediening van barmhartigheid
Lukas 4:18-19 — "Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig."
Deur die eeue heen het baie kerke die verantwoordelikheid van die versorging van armes, behoeftiges en die gemarginaliseerde, tot sewe dinge gedefinieer. Dit word die "Sevenfold Mercy Ministry" genoem. Dit kom hoofsaaklik uit Matteus 25:34-46, maar ook ander verwysings in die Bybel.
1. Gee kos vir dié wat honger is.
2. Gee water vir dié wat dors is.
3. Gee klere vir dié wat naak is.
4. Gee beskutting vir die hawelose.
5 .Besoek die siekes.
6. Besoek die gevangenes.
7. Begrawe die dooies.
Hierdie dade van barmhartigheid en goedhartigheid maak mense se harte oop vir die evangelie. Hierdie riglyne gee Jesus eerstens omdat Hy medelye het met mense en daarom moet ons die mense wat Hy gemaak het, met groot deernis versorg. Deur die eeue het die kerk gesien dat wanneer die kerk die “ongelowiges” gehelp het om hulle dooies te begrawe, veral tydens groot pessiektes en natuurrampe, hulle baie oop was om na die evangelie te luister. Daarom het die kerk punt sewe bygevoeg.
Gehoorsaamheid: Hoe is jy betrokke by die behoeftes van ander mense? Vra die Heilige Gees om jou te wys hoe jy betrokke kan wees by 'n bediening wat omgee vir armes, behoeftiges, gebrokenes en verslaafdes — mense wat hulp nodig het.
Aangaande hierdie leesplan
Baie mense wil nie vir armes gee nie omdat hulle dink arm mense is lui, dom en onverantwoordelik. Soms is dit waar, maar in die meerderheid van gevalle is dit geensins waar nie. Baie arm mense is 'n 'n siklus van armoede vasgevang waaruit hulle nie kan kom nie.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/