Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en BarmhartigheidVoorbeeld
Jy is geskep vir goeie werke
Daar is 'n ongesonde vrees onder Protestante, veral evangeliste, vir die uitdrukking: "goeie werke." Die rede daarvoor is dat die kerk deur die eeue in die strik getrap het om "goeie werke" as 'n middel tot redding te gebruik. Ons moet egter in Jesus Christus glo, én ons moet goeie werke doen.
Ons word uit genade gered en ons werke dra nie by tot ons redding nie.
Efesiërs 2:10 sê baie duidelik: "Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het."
Lees die vers 10 aandagtig: Ons is geskape vir goeie werke! Hoe versoen ons die konsepte van verlossing deur die genade, barmhartigheid en verdienste van Jesus teenoor die feit dat ons vir goeie werke geskep is? Dit kan soos volg gedefinieer word: Ons doen nie goeie werke om gered te word nie, maar ómdat ons gered is.
Dink aan Jakobus 2:14-17: "Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: ‘Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,’ maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood."
Gehoorsaamheid: Tot watter mate het die evangelie jou gedrag teenoor armes, behoeftiges, gebroke en verlore mense verander?
Aangaande hierdie leesplan
Baie mense wil nie vir armes gee nie omdat hulle dink arm mense is lui, dom en onverantwoordelik. Soms is dit waar, maar in die meerderheid van gevalle is dit geensins waar nie. Baie arm mense is 'n 'n siklus van armoede vasgevang waaruit hulle nie kan kom nie.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/