Sportnetwerk vir Professionele Voetbal se LeesplanVoorbeeld

Sports Spectrum Pro Football Devotional

DAG 2 VAN 5

Dag 2: Gemeenskap met God Deur Gebed - Ryan Tannehill

Begin deur eers te kyk na wat Ryan Tannehill te sê het oor Gemeenskap met God Deur Gebed.

* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.

Lees nou volgende die boodskap van Randy Alcorn hieronder en dink na oor die verse wat daarop volg.

Ek bely dat ek sukkel om gebed oor lang tye te handhaaf. Nietemin, met tyd het God deur sy genade my van gebed geleer en om deurentyd op Hom staat te maak. Wanneer ek van versoeke hoor, bid ek sommer dadelik sodat ek nie daarvan vergeet nie. Ek en my vrou, Nanci, bid saam, soms oor die foon wanneer ons van behoeftes deur die loop van die dag hoor.

Ek vra God om vir my geestelike afsprake te gee waar ek ook al gaan, en ook leiding sodat ek behoeftes kan raaksien waarin ek kan voorsien. Ek wil graag hê dat gebed vir my 'n avontuur moet wees waar ek God se teenwoordigheid binnegaan en deur Hom in besit geneem word. Net soos ons van God in sy Woord moet hoor, moet ons ook met Hom praat, sodat dit 'n twee-rigting gesprek is.

Ryan het dit so goed gestel: "Gebed speel 'n noodsaaklike rol in enige verhouding met God ... dit is jou reddingsboei. As jy eers daardie hegte gevoel met God het, wil jy niks anders voel nie. Hy is 'n God wat ons so kan vervul - 'n liefdevolle Vader wat gee - dit wat ons nie verdien nie ...wanneer jy eers 'n smakie hiervan gekry het, wil jy net meer hê!"

Soms wanneer ek bid, trek ek 'n stoel uit en verbeel my dat Jesus daarin sit (Hy het nie net in stoele gesit nie; Hy het hulle ook aanmekaar getimmer!). Dan praat ek met Hom. Ek maak nie net of Jesus by my is nie; ek glo sy belofte dat Hy regtig by my is. Oordink die werklikheid van jou Vader in die hemel, Christus jou Verlosser en die Heilige Gees jou Trooster en Leermeester, dan sal jy die ryke betekenis van die frase "tyd met God deurbring" ervaar.

Ongeag hoe besig ek was, was my kinders altyd welkom om binne te kom en met my te kom gesels. Vandag is dit dieselfde met my kleinkinders. 'n Koning se raadgewers huiwer om hom te onderbreek, maar sy kinders het onbeperkte toegang tot hom. Aangesien ons Koning alwetend is, kan hy elke gebed hoor asof ek of jy die enigste in die hele wêreld is wat bid. "Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word" (Hebreërs 4:16).

Hoe meer bewus ons van ons afhanklikheid van Christus is, hoe meer "Doen [ons] dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees" (Efesiërs 6:18). Ons kan nie tyd deurbring met baie van die wêreld se beroemdste mense nie en ek dink as ons kon, sou hulle ons net teleurstel. Ons kan egter daagliks tyd met God deurbring. Hy het ons so baie lief dat Hy ons gedurige toegang tot Hom gee en ook met opregte belangstelling na ons luister. "Bid gedurig" (1 Tessalonisense 5:17) is nie 'n onmoontlike taak nie, maar 'n deurlopende vreugde.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Sports Spectrum Pro Football Devotional

Luister na geloof in aksie deur atlete van die Verenigde State se Nasionale Voetballiga (NVL). In hierdie vyf-dag leesplan, kan jy kyk na videos van die NVL se uitblinkeratlete: Drew Brees, Ryan Tannhill, Matthew Slater, Matt Forte and Demario Davis. Hulle bespreek onderwerpe soos die daaglikse verkwikking uit God se Woord, gebed, redding, doop en die moed om ander van Jesus te vertel. Die videos sluit ook daaglikse oordenkings in, deur die outeur en spreker, Randy Alcorn. Dis vir ons lekker om hierdie oordenkings aan jou te bied. Besoek gerus www.SportsSpectrum.com vir verdere sport- en geloofsinhoud.

More

Baie dankie aan Pro Athletes Outreach (Sports Spectrum) wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://www.sportsspectrum.com vir meer inligting