Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van GodVoorbeeld
Ons kan 'n persoonlike verhouding met Jesus hê
Hy is 'n Vriend wat nader is as 'n broer (Spreuke 18:24; Johannes 15:15). Hy is God my Verlosser (Lukas 1:47). Hy is Immanuel, God by ons (Matteus 1:23). Ons Maker (Jesaja 17:7). Thomas het geantwoord: "My Here en my God! " (Johannes 20:28).
Wie is Jesus vir jou? Jesus is nie 'n leerstelling nie. Hy is 'n Persoon. Hy is God. Hy is die Seun van God. Hy het ons gemaak. Hy hou ons vas. Hy hou alles in die heelal bymekaar — die hele uitspansel en elke sel in ons liggaam. In Hom leef en beweeg en bestaan ons.
Vir ons as mense begin dit alles by 'n persoonlike verhouding met Jesus. Hy is nie 'n stel dogmatiese oortuigings en uitgebreide kennis oor die Drie-eenheid nie. Jesus het nie vir ons ‘n stel reëls en riglyne vir ‘n goeie lewe kom gee nie. Hy het Homself kom gee. In Christenskap gaan dit oor ‘n persoon: Jesus. Christene is volgelinge van Jesus.
Is Hy vir jou 'n Persoon? Ken jy Hom persoonlik? Baie sê hulle glo in Jesus. "Jy glo dat daar een God is, en dit is reg. Die duiwels glo dit ook en hulle is so bang dat hulle bewe" (Jakobus 2:19 ABA). Daar is egter 'n verskil tussen om in Jesus te glo en om Jesus te glo, Hom te ken, daagliks met Hom te wandel en Hom te gehoorsaam. Hy wil in ons woon.
Aangaande hierdie leesplan
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com