TydelikVoorbeeld

Tydelik

DAG 1 VAN 5

Dag 1: Bedaar ...

Psalm 46:11-12 “Bedaar en erken dat ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting”.

In hierdie teksvers staan die woord "bedaar" duidelik uit. Waarvan moet ons "bedaar"? Om te bedaar beteken om rustig te raak, te kalmeer. Hoekom? Ons as mense dra só baie dinge in ons gedagtes saam, dat ons soms nie reguit kan dink of selfs loop nie! Die lewe gebeur, krisisse kom lê in jou spasie en die mens wat jy is, kan nie tred hou met wat gebeur nie.

Daar is veelvuldige gebeure wat jou onrustig, ontsteld of hartseer kan laat voel. Dinge wat onregverdig aan jou deur kom klop. Dit is dán wanneer jy moet weet wat om te doen as hartkloppings jou borskas benoud laat voel – lees die Woord van God. Soek opsetlik na wat God sê oor ‘n probleem of situasie. Gebruik hierdie YouVersion Bybeltoep wat jou sal lei na ‘n leesplan wat jou spesifieke situasie aanspreek.

Lees verder: “erken dat ek God is…” en ook “die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting”. ‘n Beskutting, ‘n veilige hawe, beskerming, toevlug, vashouplek. Dít is ons God! Hy nooi jou nader: “Bedaar, Ek is hier, jóú veilige plek”. Wanneer ‘n haelstorm losbreek soek ons ‘n beskutting, dieselfde woord as in die teksvers. Hoekom? Vir beskerming teen harde yskorrels en die skade wat tydelik op ons neerdaal.

Die oomblik van wanhoop of vrees gaan verby — die effek vervaag.

Gebed: Vader, help my om dieper te verstaan dat wanneer ek oorweldig voel, U die Een is wat my vashou. U hou U hand oor my ongeag my onmiddellike omstandighede. Ek moet net doelbewus nader beweeg.

Onthou: Al is ons tydelik op aarde is die woord tyd deel daarvan. Gebruik juis dít om te fokus op wat die Woord van God ons leer.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tydelik

Het jy geweet? Elke persoon op aarde het ‘n vervaldatum. Op supermarkte se rakke kan ons elke produk se vervaldatum sien. Die produkte is tydelik op die rak. Ons weet egter nie wanneer dit óns beurt is nie. Ek en jy is tydelik op aarde. Wat doen ons in ons tydelikheid? Die beste van alles is dat probleme en uitdagings ook tydelik is, elkeen ook met sy eie vervaldatum!

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com