21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 10 VAN 21

Ons kan ‘n antwoord op ons gebede verwag wanneer ons bid,

  • as aangenome kinders van God
  • op grond van God se beloftes en
  • wanneer ons bid met geloof en rein harte.

Niemand behalwe Jesus was gebore kinders van God nie. Deur wedergeboorte word ons kinders van God. Ons word nou aangenome kinders van God genoem. Dit is belangrik om te weet dat binne die konteks van die Nuwe Testament het aangenome kinders presies dieselfde regte as gebore kinders. Hulle het dieselfde toegang, gelykmatig, ens. As kinders van God het ons toegang tot God en Hy wil hê dat ons gereeld en met vrymoedigheid met ons behoeftes tot Hom sal nader in gebed.

God kom sy beloftes na. Hy kan vertrou word en meer as dit wil Hy hê dat ek en jy Hom vertrou en dat ons daardie vertroue sal uitspreek in gebed. Die beloftes van God is bekend. Hy het dit in sy Woord bekend gemaak. Dit sal elke kind van God goed doen om die Woord van God selfs nog beter te ken en dit gereeld in gebed as beloftes voor die Here te hou.

Gebed is kommunikasie. Kommunikasie is kern tot enige verhouding en spreek van vertroue. Hierdie vertroue noem ons geloof. Wanneer ons met geloof tot God nader, reageer Hy graag op ons vertroue in Hom.

Maar daar is nog een element — rein harte. Wat is 'n rein hart? Dit is 'n Bybelse frase (dink maar aan die bergpredikasie Matteus 5:8). Eerstens moet ons besef dat ons tot God nader, nie 'n mense of 'n mag nie, maar God! Tweedens moet ons besef dat God moontlik geïnteresseerd is in die toestand van ons harte as ons versoeke rig. Hy deursoek ons hele wese deur die Heilige Gees. 'n Rein hart is een wat reageer op hierdie "deursoek" van die Heilige Gees.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/