Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nieVoorbeeld

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie

DAG 8 VAN 9

Onvoldoende antwoorde (8)

So dikwels wil ons God sien. In Jesaja 6:5 het die profeet Jesaja ‘n visioen van God gehad: "Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: 'Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.' Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het." Wat het gebeur toe Jesaja hierdie visioen gesien het? Hy het uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ’n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.” Toe hy God sien, het hy dadelik sy sonde gesien – net soos Job. In Openbaring 1:10-17 sien die apostel Johannes 'n visioen van Jesus. Dit was so oorweldigend dat ons in vers 17 lees: "Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is."

Ons wil engele sien. In Daniël 8:17 het Daniël die engel Gabriël gesien, en hy was so bang dat hy op sy gesig neergeval het. In Daniël 10:15 het hy Gabriël weer gesien en gesê: "Die visioen het my so ontstel dat ek geen krag meer het nie. Hoe kan ek, u dienaar, met iemand soos u praat. My kragte het ingegee, ek kan skaars nog asemhaal." Toe die apostel Johannes soortgelyke ontmoetings met engele in die boek Openbaring gehad het, het net die aanskoue van engele dieselfde uitwerking op hom gehad.

Waarom hierdie verwysings na engele en visioene van Jesus en God? As ons nie eers regop kan staan in die heerlike teenwoordigheid van God nie, hoe sal ons Hom selfs vrae kan vra en die werke van sy hande en sy besluite kan uitdaag? Deur die eeue was dit die reaksie van mense wat 'n visioen van God of 'n engel gesien het: hulle het sprakeloos geword, en hulle het soos dooies voor hulle voete neergeval. Sommige mense het God aanbid, maar ander was so oorweldig dat hulle dít nie eens kon doen nie. In Jesaja 55:8-9 lees ons: "My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes."

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie

Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com