25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
Elke kind van God word deur Hom uitgestuur. Jesus, die eniggebore Seun van God is aarde toe gestuur. Nou, na sy verlossingswerk aan die kruis, word Jesus nie meer die eniggebore Seun van God genoem nie, maar die eersgebore Seun van God. Nou is ons ook kinders van God.
As sy kinders, stuur God ons net soos Hy vir Jesus gestuur het. God die Vader stuur ons die wêreld in, hierdie wêreld waarin ons leef, om die mense om ons met hierdie boodskap te bedien. Die boodskap is dat God ons eerste liefgehad het. Daarom het Hy die prys vir ons sonde betaal deur sy eniggebore Seun in ons plek en vir ons sondes te laat sterf. Wanneer ons dit sien en in geloof ontvang, word ons ook kinders van God.
As kinders van God word ons aangeneem in sy huishouding, ons ontvang die ewige lewe, ons sondes word vergewe. Die voordele is baie, die Nuwe Testament brei daarop uit.
Maar! As God sy eniggebore Seun nie gespaar het om ons te bereik nie, gaan Hy ons ook nie spaar om die wêreld met hierdie boodskap te bereik nie. Dit klink dalk vreesaanjaend, maar dit is waar. God, ons Vader, stuur ons die wêreld in. Jesus is ons voorbeeld – in alles, ook in hoe Hy geleef en uiteindelik sy lewe gegee het sodat ons ook kinders van God kan wees.
Jesus het die hoogste prys betaal sodat ons kinders van God kan word. In werklikheid gaan baie min van ons ooit so 'n groot prys hoef te betaal om ander met die goeie nuus van Jesus te bereik, maar ons voorbeeld is Jesus en die opdrag is duidelik. Wanneer God ons stuur, moet ons gaan.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/