Wees Bly - Vier die AdventtydVoorbeeld

Wees Bly - Vier die Adventtyd

DAG 16 VAN 29

Memoriseervers:

En Maria het gesê: 'Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser.'”

Lukas 1:46-47

Uitdaging vir die Week:

Corrie Ten Boom het gesê: “As jy na die wêreld kyk sal jy benoud wees. As jy na binne kyk sal jy depressief wees. As jy na God kyk sal jy rustig wees.” Maria wys vir ons in haar loflied dat sy ten spyte van haar moeilike omstandighede kon rus en selfs in God kon jubel. Terwyl ons hierdie week die Magnificat bestudeer, probeer om aan spesifieke dinge te dink waarvoor jy God kan loof. Hou ook aan om hierdie gedeelte te memoriseer. Hersien wat jy die afgelope twee weke gememoriseer het en begin hierdie week Lukas 1:51-53 memoriseer.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Wees Bly - Vier die Adventtyd

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/