Skeppingsdoel van die MensVoorbeeld

Beelddraers van God
In Genesis 1:3 kom God as lig op die toneel. In vers 14 en 15 skep Hy eers die hemelse ligte. Die mens is na die beeld en gelykenis van God geskape en deur God aangestel om op aarde te heers.
Ons is beelddraers van God om te heers oor die skepping. Deur na die raad van die vyand te luister en deur ʼn verkeerde keuse te maak, het die mens sy Godgegewe kleed van outoriteit en lig verloor en is hy van die lewe van God afgesny. Die mens het sy outoriteit aan die vyand oorgegee.
Vyeblare was die mens se selfpoging om geregtig voor God te staan.
Versoeningsbloed was egter nodig.
God openbaar sy liefde vir die mens deur sy seun Jesus aarde toe te stuur. Sy "opsoekende" liefde bly nog na elke mens soek. Hy los die 99 en soek die "een" op - hierdie afspraak is met jóú! Jesus het die volmaakte offer vir sonde geword.
ʼn Nuwe geboorte was nodig.
Sedert die wedergeboorte is ek nou uit die mag van die duisternis verlos en kan ek nou ʼn herstelde verhouding met God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees geniet.
Kan jy sê dat jy dié oomblik in verhouding met God staan?
Lees vandag se skrifgedeeltes en raak opnuut bewus van God se Vaderhart en Sy onvoorwaardelike liefde vir jou.
Aangaande hierdie leesplan

Die skeppingsdoel van die mens is God se liefdesplan met sy liefdeskepsel. In hierdiee leesplan fokus ons op die liefdevolle Vaderhart van God vir elke mens. God het die mens innig lief en Hy het ʼn kosbare plan met elke mens se lewe.
More
Ons wil graag Living Word bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org
Verwante Leesplanne

Ester

Oorkom Teleurstellings

Kaalvoet Sielsgedagtes

As ek weer kon sê

Die basiese beginsels van die Christelike geloof

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

Delf dieper deur Openbaring

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid
