Skeppingsdoel van die MensVoorbeeld

Geloof werk deur die liefde. God die Vader se droom vir jou en my word in die perfektheid van die utin van Eden geopenbaar.
- In God as my Vader ontdek ek my ware identiteit en Hy sê: “If you were born an original, why do you want to die a copy? I’ve only got one of your kind.”
- God praat met ons deur sy Woord en nie deur omstandighede nie (Heb. 1:1). Ons kan wel in omstandighede God met ons hoor praat, want in Jesus gee God ons altyd ʼn pad van triomf (Rom. 8:31-39; 1 Kor. 15:57; 2 Kor. 2:14-16).
- God manipuleer geen mens se keuse deur omstandighede te reël waardeur die mens tot oortuiging gedwing word nie. Versoeking, verdrukking en vervolging is die werke van die vyand en die vlees (Joh. 10:10; Jak. 1:13-17).
- Die “nuwe skepsel” word deur die Woord en deur die krag van die Heilige Gees daartoe in staat gestel om te heers (Rom. 5:17; Jak. 1:2- 4). Lydsaamheid (geduld) groei wanneer die gelowige volhardend in geloof deur die krag van die Gees wandel.
Wandel in Vryheid en "Laat toe dat die Here se Vrymakende Waarhede deur Sy Woord genesing bring in jou lewe."
Hierdie leesplan is deel van die Vrymakende reeks deur Lewende Woord.
Aangaande hierdie leesplan

Die skeppingsdoel van die mens is God se liefdesplan met sy liefdeskepsel. In hierdiee leesplan fokus ons op die liefdevolle Vaderhart van God vir elke mens. God het die mens innig lief en Hy het ʼn kosbare plan met elke mens se lewe.
More
Ons wil graag Living Word bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org