Kaalvoet SielsgedagtesVoorbeeld

Saam op jou lewenstrand
’n Onbekende tyd lê dalk voor ons uitgestrek, soos ’n onbesoedelde strand waarvan die gistermerke toegespoel is met nóú se hoog- en laagwaterbranders. Net so lê ons lewenstrand voor ons uitgestrek sodat ons weer nuwe kurwes, getye en seisoene kan ervaar. Nuwe spore kan maak. Spore wat hopelik ’n nalatenskap laat …
’n Nuwe begin gaan altyd gepaard met onsekerheid, maar ook opwinding, met vrees, maar ook verwagting. Met twyfel, maar tog ook geloof. Geloof in die terugkyk en sien dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie; ook nie wanneer ons van Hom vergeet het nie.
Iemand wat diep bewus was van God se sorg en krag, was Dawid. Hy was die koning van Israel, hy was dapper genoeg om ’n reus met vyf klippies aan te durf en kon vanuit sy diep geloof die mooiste psalms skryf, máár Dawid was ook bang. Hy wou ook soms wegkruip vir die wêreld. En dan … dan het hy geweet by Wie hy moes skuil: By sy Here wat vir hom ’n veilige Rots was.
Weet vandag dat die God van Dawid ook jou Here is. Dat Hy by jou sal wees wanneer die somerson jou lewe verryk, wanneer branders van vreugde oor jou hart spoel én wanneer storms jou bedreig. Vertrou Hom!
My Here en my God, dankie dat U saam met my op my lewenstrand is. Altyd.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die tydgety verander nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Maar ons kan onthou: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer ons bang voel. Milanie Vosloo wil jou kom aanmoedig om te onthou dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za
Verwante Leesplanne

GAAN JY HOM MIS?

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

Skeppingsdoel van die Mens

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

Aanklag

As ek weer kon sê

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop
