Kaalvoet SielsgedagtesVoorbeeld

Jy’s veilig in sy hand
Wanneer jy ’n nuwe tyd ingaan, weet jy nuwe uitdagings, geleenthede, opwinding en vreugde wag op jou. Maar jy is ook realisties genoeg om te weet dat dit nie nét goed sal gaan nie. Nuwejaarsbranders spoel nie die werklikhede van die lewe weg nie. Die tydgety van ’n nuwe jaar of nuwe tyd verander ook nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Een ding staan egter altyd soos ’n paal bo water: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer dit voel of die grond onder ons wegsypel.
Dalk resoneer die woorde van Dawid se lied wat hy geskryf het nadat die Here hom teen al sy vyande gehelp het dan met jou. Jy kan gerus die hele gebed gaan lees.
Die Here is vir my soos ’n plek tussen rotse waar ek kan wegkruip; by Hom kan niemand my bykom nie. My God, by U is ’n mens altyd veilig. Die Here het my na ’n veilige plek gevat; Hy het my uitgehelp, want Hy hou van my. Here, U het my beskerm en my gehelp. U het my sterk gemaak toe U my gebed geantwoord het. U maak die grond gelyk onder my, my voete sal nie swik nie (v. 2-3, 20, 36-37).
Vind op die oomblik moed en hoop in die wete: Jy’s veilig by Hom. Ongeag.
Here, dankie dat U mense soos ek, wat soms lam-knieë voel, sterk maak.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die tydgety verander nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Maar ons kan onthou: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer ons bang voel. Milanie Vosloo wil jou kom aanmoedig om te onthou dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za