HET JY HOM MEER LIEF AS HIERDIE?Voorbeeld

Dag 1: Die Voorspelling – Het jy Yeshua werklik lief?
Daar is baie plekke in jou lewe waar jy al gestruikel het, en baie areas waar jy waarskynlik nog gaan struikel en val. Jy is nie alleen nie! Ons almal val en struikel — ons almal word “getoets” en gaan deur die vuur …
Die goeie nuus is: Yeshua het dit reeds voorspel. Hy weet dit lankal. Ja, net soos Hy met Petrus in Lukas 22:34 gepraat het:
“Ek sê vir jou, Petrus [voeg jou naam in], die haan sal vannag nie kraai voordat jy My drie maal verloën het deur te sê dat jy My nie ken nie.”
Net so praat Hy vandag met jou. Hoeveel keer gaan ons Hom verloën? Hoeveel keer moet ons val voordat ons besef dat ons dit nie uit eie krag kan doen nie? Ons is nie in staat om Hom werklik lief te hê sonder om onsself totaal aan Hom oor te gee nie.
Hy weet reeds wat ons swakplekke is. Hy sien die oplossing reeds vóór die val. Dink daaroor na: die oplossing is beskikbaar!
Hoe meer tyd ons in die Woord deurbring, hoe meer verdiep ons aanbidding — “in gees en waarheid”:
Johannes 4:24: “God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.”
Hoe meer ons Hom werklik soek, hoe makliker vind ons sy oplossings — soms selfs nog voor ons val.
Refleksievrae:
- Het jy Hom lief genoeg om nie net vrae te vra nie, maar om ook te wag op die antwoord?
- Is jy bereid om nie net versoeke te bring nie, maar om “nee” as ’n antwoord te aanvaar?
- Soek jy Hom werklik in alles wat jy doen?
Gebed:
Vader, sonder u Seun, Yeshua, is ek niks.
Help my om op U te wag.
Help my om U te soek.
Wys my hoe ek waarde kan hê vir die prys wat Yeshua vir my betaal het.
Ek bely dat ek nie altyd Yeshua as die oplossing in my lewe kies nie,
en dat ek dikwels op my eie krag staatmaak,
in plaas daarvan om die oplossing aan te neem wat Hy reeds vir my voorberei het.
Ek vra dat U daardie plek in my hart nuut maak dat U dit reinig in my tempel,
sodat ek Hom in alle omstandighede kan soek.
Ek bid dit in die Naam van Yeshua, ons Koning.
Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Yeshua se liefde word opgesom in elke asemteug, want sonder Hom weet ons nie eens waar ons volgende asem vandaan sal kom nie. Kyk hoe sorg Hy vir die voëltjies en die blomme van die veld — is ons dan nie baie meer werd as hulle nie? Die werklike vraag is: waar in jou lewe is daar ’n gemaksone of posisie wat jy dalk méér liefhet? En is jy bereid om daardie plek prys te gee? Kom saam, en neem ’n sprong van geloof agter Yeshua aan.
More
Ons wil graag Hebrew People bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: hebrewpeople.com