HET JY HOM MEER LIEF AS HIERDIE?Voorbeeld

HET JY HOM MEER LIEF AS HIERDIE?

DAG 2 VAN 4

Dag 2: Die Val – Liefde onder druk

Hoe lyk jy onder druk?

Het jy al gehoor iemand sê: “Wanneer jy ’n lemoen druk, kom daar mos lemoensap uit. As daar appelsap uitkom, is dit baie vreemd, of hoe?”

Net so word ons daagliks gedruk deur die lewe, deur mense, omstandighede en die uitdagings waarin ons onsself bevind.

Yeshua leer dat beproewing en druk nie vir sy dissipels vreemd sal wees nie. Inteendeel, dit is deel van ons pad saam met Hom.

📖Matteus 5:10–11 (AFR53):

"Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele."
"Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Hoe tree jy op?

Hoe reageer jy wanneer jy beledig word, of wanneer mense valse getuienis teen jou lewer?

Word jy kwaad?

Laat jy toe dat vrees oorneem?

Maak jy ander seer met jou woorde?

Of onttrek jy jouself heeltemal?

Hoeveel van hierdie reaksies volg die voorbeeld van ons Messias, Yeshua?

Want alles wat met ons gebeur, het ook met Hom gebeur – maar Hy het sonder sonde gereageer.

Het jy Hom meer lief as jou vleeslike reaksies?

Gebed:

Abba Vader,

Dankie vir die bloed van Yeshua oor my lewe.

Dankie dat ek deur Hom weer tot u teenwoordigheid toegang het.

Heilige Gees, ek nooi U in:

Kom kyk saam met my na my reaksies.

Wys my die plekke waar dinge dalk gebreek is.

Kom help my om dit saam met U heel te maak.

Ek wil myself voor U neerbuig.

Help my om meer soos U te lyk –

in my gedagtes, woorde en dade.

Ek bid dit in die Naam van Yeshua.

Amen.

Aangaande hierdie leesplan

HET JY HOM MEER LIEF AS HIERDIE?

Yeshua se liefde word opgesom in elke asemteug, want sonder Hom weet ons nie eens waar ons volgende asem vandaan sal kom nie. Kyk hoe sorg Hy vir die voëltjies en die blomme van die veld — is ons dan nie baie meer werd as hulle nie? Die werklike vraag is: waar in jou lewe is daar ’n gemaksone of posisie wat jy dalk méér liefhet? En is jy bereid om daardie plek prys te gee? Kom saam, en neem ’n sprong van geloof agter Yeshua aan.

More

Ons wil graag Hebrew People bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: hebrewpeople.com