Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld
Lees: Filippense 4: 10-13
SOAP: Filippense 4:12-13
Ons siening van die lewe en ons verhouding met Christus beïnvloed ons tevredenheid. Wanneer ons 'n hemelse lewensbeskouing het en besef dat daar nie so iets soos die "hemel op aarde" is nie - dat hierdie wêreld nie ons woning is nie en die beste nog kom, wil ons nie meer skatte hier opbou nie. Ons fokus verander van "Wat kan ek kry?" na "Wat kan ek doen?" "Hoe kan ek dien?" "Hoe kan ek help?" As ons die houding van 'n dienskneg aanneem en die taak waartoe God ons geroep het besef, vind ons blywende tevredenheid, maak nie saak wat op ons pad kom nie. Rus in die feit dat God ons sal toerus met alles wat ons nodig het om te bereik wat Hy vra - nie met ons eie krag nie, maar met Syne.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com