Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:9

Koninkryk Kom
15 Dae
Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.

21 Dae Vas
21 ditë
Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie plan sluit 'n verskeidenheid skrifgedeeltes oor vas in. Dit sal jou aanmoedig om tyd saam met God te spandeer en so nader aan Hom te kom. Jy sal vir 21 dae lank 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en gebedsonderwerp.

Vas soos Daniël
21 Dae
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

21 Dae Gebed
21 Dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

Gebed
3 Weke
Leer hoe om volgens die gebed van gelowiges en volgens die woorde van Jesus te bid. Vind bemoediging om op `n daaglikse en aanhoudende basis jou versoeke met volharding en geduld na God te neem. Ondersoek voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede in vergelykking met opregte gebede van die met rein harte. Bid aanhoudend.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.