1
ESEGIËL 34:16
Nuwe Lewende Vertaling
Ek soek na dié wat afgedwaal het en bring hulle veilig terug. Ek verbind die wonde van die beseerdes en versterk die swakkes. Maar Ek vernietig die vettes en magtiges. Ek lei die kudde in reg en geregtigheid.
Vergelyk
Verken ESEGIËL 34:16
2
ESEGIËL 34:12
Ek sal soos ’n herder wees wat na sy verstrooide kudde kyk. Ek sal my skape vind en red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is op daardie donker dag van oordeel.
Verken ESEGIËL 34:12
3
ESEGIËL 34:11
“So sê die oppermagtige HERE: Ek sal self my skape soek en vir hulle sorg.
Verken ESEGIËL 34:11
4
ESEGIËL 34:15
Ek versorg self my skape en laat hulle in vrede lê en rus, sê die oppermagtige HERE.
Verken ESEGIËL 34:15
5
ESEGIËL 34:31
Julle is my kudde, die skape van my weiveld. Julle is my volk, en Ek is julle God, sê die oppermagtige HERE.”
Verken ESEGIËL 34:31
6
ESEGIËL 34:2
“Mensekind, profeteer teen die herders, die leiers van Israel. Sê vir hulle die oppermagtige HERE sê: Verwoesting wag vir herders wat vir hulleself sorg! Moet herders nie hulle skape versorg nie?
Verken ESEGIËL 34:2
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's