Net mense wat reg lewe
en sê wat reg is,
wat weier om deur bedrieëry
wins te maak,
wat wegbly
van omkopery,
wat nie luister
na moordplanne nie
en hulle oë toemaak
vir die beplanning
van misdade.
Sulke mense sal veilig wees.
Die rotsvesting beskerm hulle.
Hulle sal altyd kos
en water in oorvloed hê.