1
JAKOBUS 1:2-3
Nuwe Lewende Vertaling
My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard.
Vergelyk
Verken JAKOBUS 1:2-3
2
JAKOBUS 1:5
Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie.
Verken JAKOBUS 1:5
3
JAKOBUS 1:19
My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.
Verken JAKOBUS 1:19
4
JAKOBUS 1:4
Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.
Verken JAKOBUS 1:4
5
JAKOBUS 1:22
Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself.
Verken JAKOBUS 1:22
6
JAKOBUS 1:12
Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet.
Verken JAKOBUS 1:12
7
JAKOBUS 1:17
Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie.
Verken JAKOBUS 1:17
8
JAKOBUS 1:23-24
Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen. Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het.
Verken JAKOBUS 1:23-24
9
JAKOBUS 1:27
Suiwer en onbevlekte godsdiens voor God ons Vader is dat ons weeskinders en weduwees in hulle swaarkry versorg, en dat ons nie toelaat dat die wêreld ons besmet nie.
Verken JAKOBUS 1:27
10
JAKOBUS 1:13-14
Wanneer iemand iets verkeerds wil doen, moet hy nie sê: “God verlei my” nie. Ons weet mos God kan nie verlei word om verkeerd te doen nie, en Hý verlei ook niemand nie. Ons eie sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons.
Verken JAKOBUS 1:13-14
11
JAKOBUS 1:9
Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee.
Verken JAKOBUS 1:9
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's