1
JAKOBUS 2:17
Nuwe Lewende Vertaling
Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks.
Vergelyk
Verken JAKOBUS 2:17
2
JAKOBUS 2:26
’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is ’n lyk. So is geloof wat nie dade word nie, ook dood.
Verken JAKOBUS 2:26
3
JAKOBUS 2:14
My broers en susters, wat help dit as ’n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie? Só ’n geloof kan jou nie verlos nie.
Verken JAKOBUS 2:14
4
JAKOBUS 2:19
Jy glo dat daar net een God is. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder, so bang is hulle!
Verken JAKOBUS 2:19
5
JAKOBUS 2:18
Maar iemand sou kon redeneer: “Party mense het geloof, en ander het dade.” Ek sê: “Wys my jou geloof wat sonder dade is. Maar juis uit my dade sal ek jou my geloof wys.”
Verken JAKOBUS 2:18
6
JAKOBUS 2:13
Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel.
Verken JAKOBUS 2:13
7
JAKOBUS 2:24
Julle sien dus dat ’n mens óók op grond van sy dade vrygespreek word en nie net op grond van sy geloof nie.
Verken JAKOBUS 2:24
8
JAKOBUS 2:22
Jy sien dus dat sy geloof gepaardgegaan het met sy dade, en die geloof uit die dade volmaak geword het.
Verken JAKOBUS 2:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's