1
JOHANNES 19:30
Nuwe Lewende Vertaling
Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas.
Vergelyk
Verken JOHANNES 19:30
2
JOHANNES 19:28
Hierna het Jesus, terwyl Hy weet dat alles reeds afgehandel is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”
Verken JOHANNES 19:28
3
JOHANNES 19:26-27
Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by sy ma staan, sê Hy vir haar: “Vrou, dáár is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem.
Verken JOHANNES 19:26-27
4
JOHANNES 19:33-34
Toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy alreeds gesterf het, het hulle nie sy bene gebreek nie. Een van die soldate het egter sy spies in Jesus se sy gesteek en daar het dadelik bloed en water uitgevloei.
Verken JOHANNES 19:33-34
5
JOHANNES 19:36-37
Want hierdie dinge het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.” Verder sê die Skrif: “Hulle sal Hom aanskou vir wie hulle deurboor het.”
Verken JOHANNES 19:36-37
6
JOHANNES 19:17
Jesus het self die kruis gedra en uitgegaan na wat genoem is Kopbeenplek, in Aramees “Golgota”.
Verken JOHANNES 19:17
7
JOHANNES 19:2
En die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op Jesus se kop gesit. Hulle het ook vir Hom ’n pers kleed aangetrek
Verken JOHANNES 19:2
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's