1
JOSUA 6:2
Nuwe Lewende Vertaling
Die HERE het vir Josua gesê: “Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate.
Vergelyk
Verken JOSUA 6:2
2
JOSUA 6:5
Sodra julle hoor dat die priesters ’n uitgerekte sein op die ramshorings gee, moet almal ’n harde kreet gee. Die stad se muur sal dan inmekaarstort. Die manskappe kan dan daaroor klim om in die stad in te gaan.”
Verken JOSUA 6:5
3
JOSUA 6:3
Al die soldate moet een keer rondom die stad marsjeer. Doen dit vir die volgende ses dae.
Verken JOSUA 6:3
4
JOSUA 6:4
Sewe priesters wat elkeen ’n ramshoring dra, moet voor die ark loop. Op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad marsjeer. Die priesters moet dan hard op die ramshorings blaas.
Verken JOSUA 6:4
5
JOSUA 6:1
Jerigo se poorte was dig gesluit omdat hulle bang was vir die Israeliete. Niemand het dit gewaag om in of uit te gaan nie.
Verken JOSUA 6:1
6
JOSUA 6:16
Die sewende keer het die priesters die teken op die ramshorings gegee. Josua het vir die volk geskreeu: “Gee die kreet! Die HERE gee die stad vir julle!
Verken JOSUA 6:16
7
JOSUA 6:17
Die stad is ’n banoffer vir die HERE. Die stad en alles wat daarin is, moet heeltemal uitgewis word. Die prostituut Ragab en almal wat by haar in die huis is, moet bly lewe. Sy het die verkenners wat ons uitgestuur het, weggesteek.
Verken JOSUA 6:17
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's