1
MATTEUS 8:26
Nuwe Lewende Vertaling
Maar Jesus sê vir hulle: “Waarom is julle so verskrik? Is julle geloof dan regtig so klein?” Daarna het Hy opgestaan, die winde en die see streng aangespreek en daar het ’n groot kalmte gekom.
Vergelyk
Verken MATTEUS 8:26
2
MATTEUS 8:8
Maar die offisier antwoord Hom: “Here, ek is nie goed genoeg dat U onder my dak inkom nie. Spreek maar net die woord, en my slaaf sal gesond word.
Verken MATTEUS 8:8
3
MATTEUS 8:10
Toe Jesus dit hoor, was Hy baie verbaas. Hy sê toe vir die skare wat besig was om Hom te volg: “Ek verseker julle, só ’n sterk geloof het Ek nog nêrens in Israel teëgekom nie.
Verken MATTEUS 8:10
4
MATTEUS 8:13
Daarop sê Jesus vir die Romeinse offisier: “Gaan huis toe. Soos jy geglo het, sal dit vir jou gebeur.” En op daardie presiese oomblik het sy slaaf gesond geword.
Verken MATTEUS 8:13
5
MATTEUS 8:27
Die dissipels was oorweldig. “Watter soort mens is Hy dat selfs die winde en die see na Hom luister?”
Verken MATTEUS 8:27
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's