1
FILIPPENSE 1:6
Nuwe Lewende Vertaling
Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.
Vergelyk
Verken FILIPPENSE 1:6
2
FILIPPENSE 1:9-10
Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ’n al beter begrip en ’n fyn aanvoeling ontwikkel. Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom.
Verken FILIPPENSE 1:9-10
3
FILIPPENSE 1:21
Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.
Verken FILIPPENSE 1:21
4
FILIPPENSE 1:3
Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God.
Verken FILIPPENSE 1:3
5
FILIPPENSE 1:27
Hoofsaak is dat julle leefstyl moet pas by die Goeie Nuus van Christus. Só sal ek dan as ek kom, sién of as ek nie kan kom nie, hóór dat julle met één gees vasstaan en soos ’n span eendragtig saamveg vir ons geloof in die evangelie.
Verken FILIPPENSE 1:27
6
FILIPPENSE 1:20
Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik.
Verken FILIPPENSE 1:20
7
FILIPPENSE 1:29
Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.
Verken FILIPPENSE 1:29
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's