1
OPENBARING 21:4
Nuwe Lewende Vertaling
Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.”
Vergelyk
Verken OPENBARING 21:4
2
OPENBARING 21:5
Hy wat op die troon sit, het toe gesê: “Kyk, Ek maak alle dinge nuut.” En Hy sê verder: “Teken dit aan, want hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar.”
Verken OPENBARING 21:5
3
OPENBARING 21:3
Ek het toe ’n kragtige stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die tentwoning van God is nou onder die mense opgeslaan. Hy sal by hulle bly, en hulle sal sy volke wees en God sal self by hulle wees as hulle God.
Verken OPENBARING 21:3
4
OPENBARING 21:6
Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Iemand wat dors het, sal Ek verniet laat drink uit die fontein met lewegewende water.
Verken OPENBARING 21:6
5
OPENBARING 21:7
Die een wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf, en Ek sal vir hom God wees en hy sal vir My ’n kind wees.
Verken OPENBARING 21:7
6
OPENBARING 21:8
“Maar vir die oneerlikes, onbetroubares, korruptes, moordenaars, persone wat seksuele sondes doen, towenaars, afgodsdienaars en al die leuenaars wag die poel wat met vuur en swael brand. Dit is die tweede dood.”
Verken OPENBARING 21:8
7
OPENBARING 21:1
Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien; want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan en die see het nie meer bestaan nie.
Verken OPENBARING 21:1
8
OPENBARING 21:2
Ek het ook die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerkom. Die nuwe Jerusalem was soos ’n bruid wat vir haar eggenoot mooigemaak is.
Verken OPENBARING 21:2
9
OPENBARING 21:23-24
Die stad het ook nie die son en die maan nodig om dit te verlig nie, want die heerlikheid van God het dit verlig, en die Lam is sy kandelaar. Die nasies sal in die stad se lig lewe en die konings van die aarde bring hulle glorie daarheen.
Verken OPENBARING 21:23-24
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's