Toe het die goedheid
van God ons Verlosser
en sy liefde vir mense verskyn.
Hy het ons verlos,
nie op grond van wat ons gedoen het
vir ons vryspraak nie,
maar slegs op grond
van sy eie ontferming.
Dit het Hy vermag
deur die reiniging
van die weergeboorte
en deur die Heilige Gees
wat ons vernuwe.
Hy het die Gees ryklik
op ons uitgestort
op grond van wat Jesus Christus
ons Verlosser gedoen het.
Só is ons vrygespreek
deur sy genade,
en het ons erfgename geword
van die ewige lewe
waarop ons hoop.