Die Gees van die Here sal by hom wees.
Daarom sal hy wysheid en verstand hê,
hy sal weet wat om te doen
en hy sal dit kan doen,
hy sal naby die Here wees en hy sal Hom dien.
Hy sal bly wees
omdat hy die Here kan dien.
Hy sal 'n regter wees
wat dieselfde doen aan almal,
hy sal nie luister na skinderstories nie.