Dit is die mense wat reg lewe
en wat die waarheid praat,
die mense wat nie
ander mense se goed vat
om hulleself ryk te maak nie,
die mense wat nie presente vat
om verkeerd te doen
aan ander mense nie,
die mense wat nie luister
na planne om mense te vermoor nie,
die mense wat nie verkeerd
wil doen nie.
Hierdie mense sal hoog in die berge woon
en hulle sal veilig wees agter die rotse.
Hulle sal kos kry,
en hulle sal altyd water hê.”