Mense se hande hang pap
en hulle knieë bewe,
maar julle moet hulle
sterk maak en help.
Sê vir die mense wat moedeloos is:
“Julle moet sterk wees,
julle moenie bang wees nie.
Kyk, julle God sal kom,
Hy kom om die vyande te straf
omdat hulle slegte dinge
aan julle gedoen het.
Julle God kom
en Hy sal julle red.”