want elke maal wanneer ek moet praat,
dan moet ek skree en sê
hoe ander mense hulle sal seermaak
en sal laat swaarkry.
Die mense spot my en hulle lag vir my
omdat ek sê wat U vir my sê.
En wanneer ek dink ek sal U vergeet
en ek sal nie u profeet wees nie,
dan brand dit soos 'n vuur binne-in my.
Ek probeer stilbly, maar ek is moeg,
ek kan nie meer nie.