1
Johannes 1:12
Bybel vir almal
Party mense het Hom aanvaar en hulle het in Hom geglo. Hy het vir hulle gesê hulle mag kinders van God wees.
Vergelyk
Verken Johannes 1:12
2
Johannes 1:1
Die Woord was daar voor alles begin het. Die Woord was by God en die Woord was self God.
Verken Johannes 1:1
3
Johannes 1:5
Hierdie lig skyn in die donker, en die donker kon nie die lig doodmaak nie.
Verken Johannes 1:5
4
Johannes 1:14
Die Woord het mens geword en Hy het by ons kom woon. Toe ons die wonderlike dinge sien wat Hy doen, het ons geweet dat Hy God is. Niemand anders was soos die Woord nie, net Hy het van die Vader gekom. Hy het vir ons gewys dat God altyd genadig is.
Verken Johannes 1:14
5
Johannes 1:3-4
God en die Woord het alles gemaak. God het niks alleen gemaak nie. Hy en die Woord het alles gemaak. Die Woord het die lewe gebring, en hierdie lewe was die lig vir die mense.
Verken Johannes 1:3-4
6
Johannes 1:29
Die volgende dag het Johannes gesien Jesus kom na hom toe. Johannes sê toe hard: “Kyk, daar is die Lam wat God vir ons gee! Hy sal die sonde van die wêreld wegneem.
Verken Johannes 1:29
7
Johannes 1:10-11
Die Woord was in die wêreld. God en die Woord het die wêreld gemaak, maar die mense van die wêreld wou nie die Woord ken nie. Hy het na sy eie mense toe gekom, maar hulle het Hom nie aanvaar nie.
Verken Johannes 1:10-11
8
Johannes 1:9
Die Woord was die ware lig. Hy moes vir al die mense lig bring. Hy het klaar begin om na die wêreld te kom.
Verken Johannes 1:9
9
Johannes 1:17
Moses het die wette gebring, maar Jesus Christus het die genade gebring wat nooit ophou nie.
Verken Johannes 1:17
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's