1
Genesis 50:20
Die Bybel 2020-vertaling
Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om 'n groot volk aan die lewe te hou.
Vergelyk
Verken Genesis 50:20
2
Genesis 50:19
Maar Josef het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, want is ek in God se plek?
Verken Genesis 50:19
3
Genesis 50:21
Dus, moenie bang wees nie! Ek self sal julle en julle afhanklikes van kos voorsien.” So het hy hulle getroos en mooi met hulle gepraat.
Verken Genesis 50:21
4
Genesis 50:17
‘So moet julle vir Josef sê: “Vergewe tog asseblief die oortreding van jou broers en hulle misstap – dat hulle jou soveel kwaad aangedoen het.” ’ Dus, vergewe dan asseblief die oortreding van die dienaars van die God van u vader.” Josef het gehuil toe hulle met hom praat.
Verken Genesis 50:17
5
Genesis 50:24
Josef het vir sy broers gesê: “Ek gaan sterf, maar God sal beslis aan julle aandag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat hy met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.”
Verken Genesis 50:24
6
Genesis 50:25
Josef het toe die Israeliete 'n eed laat aflê met die woorde: “God sal beslis aan julle aandag gee; neem dan my beendere hiervandaan saam.”
Verken Genesis 50:25
7
Genesis 50:26
Josef het gesterf toe hy honderd-en-tien jaar oud was. Hulle het hom gebalsem en in Egipte in 'n kis geplaas.
Verken Genesis 50:26
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's