Maar sy boog het bestendig gebly,
en sy voorarms was behendig,
vanweë die hande van die Magtige van Jakob,
vanweë die roem van die Herder,
die Rots van Israel,
vanweë die God van jou vader,
sodat Hy jou sou help,
ja, God, die Almagtige,
sodat Hy jou sou seën
met seëninge uit die hemel daarbo,
seëninge van die •oerwater
wat daar onder lê,
seëninge van borste en moederskoot.