Die gees van die HERE
sal op hom rus –
die gees van wysheid en insig,
die gees van raad en sterkte,
die gees van kennis en ontsag
vir die HERE.
Hy sal genot put
uit ontsag vir die HERE.
Hy sal nie 'n beslissing vel
volgens wat sy oë sien nie,
en nie teregwys
volgens wat sy ore hoor nie.