Geseënd is die man
wat op die HERE vertrou,
wie se vertroue die HERE is.
Hy sal wees soos 'n boom
wat geplant is langs water,
wat sy wortels uitstoot na die voor.
Hy merk nie eers op
dat die hitte kom nie;
sy blare bly groen.
In 'n jaar van droogte
raak hy nie angstig nie,
en hy hou nie op om vrugte te dra nie.”