Want telkens wanneer ek praat,
moet ek dit uitskreeu.
“Geweld en verdrukking!”
roep ek uit.
Ja, die woord van die HERE het vir my
tot bespotting en hoon geword,
die hele dag lank.
Ek het al gesê:
“Ek sal nie aan Hom dink nie,
nie meer in sy Naam iets sê nie.”
Maar dan word dit in my hart
soos 'n vuur wat brand,
vasgevang in my gebeente!
Ek het my moeg gemaak
om dit binne te hou,
maar ek kon nie.