1
Josua 6:2
Die Bybel 2020-vertaling
Die HERE sê toe vir Josua: “Kyk, Ek gee Jerigo, sy koning en sy dapper krygers in jou hand.
Vergelyk
Verken Josua 6:2
2
Josua 6:5
En wanneer daar lank op die horing van die ram geblaas word, moet al die manskappe, sodra julle die geluid van die ramshorings hoor, 'n baie harde oorlogskreet aanhef. Die stadsmuur sal dan ineenstort, en die manskappe moet bo-oor klim, elke man reg voor hom uit.”
Verken Josua 6:5
3
Josua 6:3
Julle moet om die stad trek, al die krygsmanne. Jy moet een keer om die stad gaan. Ses dae lank moet jy só maak
Verken Josua 6:3
4
Josua 6:4
Sewe priesters moet sewe •ramshorings voor die ark dra. Op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad trek, terwyl die priesters op die horings blaas.
Verken Josua 6:4
5
Josua 6:1
Jerigo se poorte was egter dig gesluit vanweë die Israeliete; niemand het daar uitgegaan of ingegaan nie.
Verken Josua 6:1
6
Josua 6:16
Die sewende keer het die priesters op die ramshorings geblaas. Josua het vir die manskappe gesê: “Hef die oorlogskreet aan, want die HERE gee die stad aan julle!
Verken Josua 6:16
7
Josua 6:17
Die stad en alles wat daarin is, is onder die ban vir die HERE. Net Ragab, die prostituut, mag leef, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat ons gestuur het, versteek het.
Verken Josua 6:17
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's