1
Lukas 22:42
Die Bybel 2020-vertaling
“Vader, as U wil, neem hierdie beker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied. ”
Vergelyk
Verken Lukas 22:42
2
Lukas 22:32
Maar Ek het vir jou gebid, sodat jou geloof nie sal wankel nie. En wanneer jy eendag tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”
Verken Lukas 22:32
3
Lukas 22:19
En Hy het brood geneem, en nadat Hy die seëngebed uitgespreek het, breek Hy dit, en gee dit vir hulle, en sê: “Dit is my liggaam, wat vir julle gegee word. Doen dit om My in herinnering te bring.”
Verken Lukas 22:19
4
Lukas 22:20
So ook met die beker ná die ete, met die woorde: “Hierdie beker, wat ter wille van julle uitgegiet word, is die nuwe verbond deur my bloed.
Verken Lukas 22:20
5
Lukas 22:44
Hy is deur intense angs oorval, en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos druppels bloed op die grond geval.
Verken Lukas 22:44
6
Lukas 22:26
Julle is egter nie so nie. Maar laat die belangrikste onder julle wees soos die geringste, en die een wat leiding gee, soos iemand wat dien.
Verken Lukas 22:26
7
Lukas 22:34
Maar Jesus sê: “Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vandag nie kraai voordat jy drie maal ontken het dat jy My ken nie. ”
Verken Lukas 22:34
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's