1
Josua Josua 6:2
Contemporary Afrikaans Bible 2023
Toe sê die HERE vir Josua: Kyk, Ek gee Jérigo en sy koning en die dapper helde in jou hand.
Vergelyk
Verken Josua Josua 6:2
2
Josua Josua 6:5
En as hulle lank met die ramshoring blaas, en as julle die geluid van die basuin hoor, sal die hele volk met 'n groot geroep skreeu; en die muur van die stad sal plat val, en die volk sal opklim, elkeen reg voor hom uit.
Verken Josua Josua 6:5
3
Josua Josua 6:3
En julle moet die stad omsingel, al julle krygsmanne, en een maal om die stad gaan. So moet jy ses dae doen.
Verken Josua Josua 6:3
4
Josua Josua 6:4
En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; en op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek, en die priesters moet op die ramshorings blaas.
Verken Josua Josua 6:4
5
Josua Josua 6:1
En Jérigo was streng toegesluit ter wille van die kinders van Israel; niemand het uit- en niemand ingekom nie.
Verken Josua Josua 6:1
6
Josua Josua 6:16
En op die sewende keer, toe die priesters op die basuine blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE het aan julle die stad gegee.
Verken Josua Josua 6:16
7
Josua Josua 6:17
En die stad sal vervloek wees, ook sy en alles wat daarin is, aan die HERE: net Ragab, die hoer, sal lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat ons gestuur het, weggesteek het.
Verken Josua Josua 6:17
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's