1
PREDIKER 3:1
Afrikaans 1933/1953
ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd
Vergelyk
Verken PREDIKER 3:1
2
PREDIKER 3:2-3
'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is, 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou
Verken PREDIKER 3:2-3
3
PREDIKER 3:4-5
'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring, 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing
Verken PREDIKER 3:4-5
4
PREDIKER 3:7-8
'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek, 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.
Verken PREDIKER 3:7-8
5
PREDIKER 3:6
'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi
Verken PREDIKER 3:6
6
PREDIKER 3:14
Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.
Verken PREDIKER 3:14
7
PREDIKER 3:17
Ek het in my hart gesê: Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dáár is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk.
Verken PREDIKER 3:17
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's