1
JAKOBUS 4:7
Afrikaans 1933/1953
Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
Vergelyk
Verken JAKOBUS 4:7
2
JAKOBUS 4:8
Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
Verken JAKOBUS 4:8
3
JAKOBUS 4:10
Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
Verken JAKOBUS 4:10
4
JAKOBUS 4:6
Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
Verken JAKOBUS 4:6
5
JAKOBUS 4:17
Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.
Verken JAKOBUS 4:17
6
JAKOBUS 4:3
Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
Verken JAKOBUS 4:3
7
JAKOBUS 4:4
Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.
Verken JAKOBUS 4:4
8
JAKOBUS 4:14
julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.
Verken JAKOBUS 4:14
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's