1
LUKAS 11:13
Afrikaans 1933/1953
As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Vergelyk
Verken LUKAS 11:13
2
LUKAS 11:9
En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Verken LUKAS 11:9
3
LUKAS 11:10
Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Verken LUKAS 11:10
4
LUKAS 11:2
En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde
Verken LUKAS 11:2
5
LUKAS 11:4
en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Verken LUKAS 11:4
6
LUKAS 11:3
gee ons elke dag ons daaglikse brood
Verken LUKAS 11:3
7
LUKAS 11:34
Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
Verken LUKAS 11:34
8
LUKAS 11:33
EN niemand steek 'n lamp op en sit dit in 'n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.
Verken LUKAS 11:33
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's