1
ROMEINE 6:23
Afrikaans 1933/1953
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
Vergelyk
Verken ROMEINE 6:23
2
ROMEINE 6:14
Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Verken ROMEINE 6:14
3
ROMEINE 6:4
Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.
Verken ROMEINE 6:4
4
ROMEINE 6:13
En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Verken ROMEINE 6:13
5
ROMEINE 6:6
aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Verken ROMEINE 6:6
6
ROMEINE 6:11
So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Verken ROMEINE 6:11
7
ROMEINE 6:1-2
WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Verken ROMEINE 6:1-2
8
ROMEINE 6:16
Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
Verken ROMEINE 6:16
9
ROMEINE 6:17-18
Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
Verken ROMEINE 6:17-18
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's