Ruben, jy is nou wel my eersgeborene,
my steunpilaar en my eerstelingseun.
Jy moes die vernaamste
en die belangrikste onder jou broers gewees het.
Jy is egter soos ’n waterstroom
wat sy eie pad loop.
Jy sal nie meer die belangrikste wees nie,
want jy het by Bilha, my byvrou, geslaap
en my diep seergemaak.