1
Markus 10:45
Die Boodskap
“Selfs Ek, die Seun van die mens, het nie gekom sodat almal My moet bedien nie. Ek het gekom om ander te dien. Daarom het Ek my lewe gegee sodat baie mense daardeur weer God se eiendom kan word.”
Vergelyk
Verken Markus 10:45
2
Markus 10:27
Jesus kyk toe vir hulle en sê: “Dit lyk miskien vir mense onmoontlik, maar God kan alles doen. Niks is vir Hom onmoontlik nie.”
Verken Markus 10:27
3
Markus 10:52
“Ek wil asseblief graag sien, Meneer,” kom die antwoord. “Jy kan maar gaan,” sê Jesus vir hom. “Omdat jy op My vertrou het, is jy nou gesond.” Die man kon dadelik sien en hy het daar en dan vir Jesus begin volg.
Verken Markus 10:52
4
Markus 10:9
As God twee mense so aan mekaar vasgemaak het, mag niemand die band tussen hulle losmaak nie.”
Verken Markus 10:9
5
Markus 10:21
Jesus kyk toe na hom. Dit was ’n oulike man van wie Jesus gehou het. “Daar is een ding wat jy nie reg doen nie. Gaan verkoop alles wat jy het en gee dan die geld vir die mense wat niks het nie. Op dié manier sal jy ryk wees in die oë van God. Nadat jy dit gedoen het, kom terug en word een van my volgelinge.”
Verken Markus 10:21
6
Markus 10:51
“Wat wil jy hê moet Ek doen?” vra Jesus hom.
Verken Markus 10:51
7
Markus 10:43-44
“Onder julle as Christene mag dit egter nie gebeur nie. As iemand onder julle belangrik wil wees, moet hy die onbelangrikste posisie onder julle inneem. Hy moet bereid wees om alles te doen wat die ander van hom vra en moet die hele tyd reg wees om die ander te dien, of dit hom nou pas of nie.
Verken Markus 10:43-44
8
Markus 10:15
“Die nuwe wêreld van God is juis bedoel vir mense soos hulle. Hiervan kan julle maar seker wees: wie nie God se leiding en heerskappy aanvaar soos ’n klein kind sy pa se leiding aanvaar nie, sal nie ’n plek in God se nuwe wêreld hê nie.”
Verken Markus 10:15
9
Markus 10:31
Baie mense wat nou vreeslik in tel is en hulle baie belangrik hou, sal dan niks wees nie en wie nou niks is nie, sal dan die belangrikste plekke inneem.”
Verken Markus 10:31
10
Markus 10:6-8
“Reg van die begin af het God mans en vroue gemaak. As ’n man en ’n vrou trou, gaan hy van sy ouers af weg en bly saam met sy vrou. Hulle twee is dan soos een mens.
Verken Markus 10:6-8
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's