1
Spreuke 20:22
Die Boodskap
Moenie jou wreek oor kwaad wat jou aangedoen is nie. Los dit liewer vir die Here. Hy sal jou help.
Vergelyk
Verken Spreuke 20:22
2
Spreuke 20:24
Niemand weet wat môre gaan gebeur nie. Wie egter naby die Here leef, sal weet wat om te doen.
Verken Spreuke 20:24
3
Spreuke 20:27
Denke is ’n gawe van die Here. Dit is soos ’n lig op ons pad. Dit help ons om onsself te verstaan. Dit help ons om die regte dinge te doen en te sê.
Verken Spreuke 20:27
4
Spreuke 20:5
Wat mense dink, is ’n geslote boek. Niemand weet wat in hulle koppe aangaan nie. Net iemand met ’n fyn aanvoeling vir mense verstaan iets daarvan.
Verken Spreuke 20:5
5
Spreuke 20:19
Wie loop en skinder, lap ander se geheime uit. Vermy praatkouse en skinderpraatjies.
Verken Spreuke 20:19
6
Spreuke 20:3
’n Wyse mens bly weg van rusies en ’n gestry. Dit is net ’n dwaas wat sy neus oral insteek.
Verken Spreuke 20:3
7
Spreuke 20:7
’n Gelowige is ’n mens op wie jy kan reken. Hy doen wat hy glo. Sy kinders kan bly wees hieroor, want hulle het ’n voorbeeld om na te volg.
Verken Spreuke 20:7
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's