1
Psalms 27:14
Die Boodskap
Stel al jou hoop op die Here! Vertrou op Hom! Hou moed! Wees sterk! Moenie die handdoek ingooi nie; bly wag op die Here!
Vergelyk
Verken Psalms 27:14
2
Psalms 27:4
Daar is een groot wens in my hart en dit wil ek met my hele lewe najaag: dat ek my hele lewe lank by die Here mag wees. Sy wonderlike nabyheid wil ek dag en nag beleef. Ek wil ervaar hoe goed Hy vir my is. Ek wil weer en weer daaroor nadink wanneer ek Hom aanbid.
Verken Psalms 27:4
3
Psalms 27:1
Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos ’n lig wat ’n mens in ’n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my. Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie. Die Here beskerm my. Waarvoor sal ek dan bang wees?
Verken Psalms 27:1
4
Psalms 27:13
Dis net my geloof in die Here wat my staande hou. Sy goedheid dra my elke dag van my lewe. As ek dit darem nie geglo het nie …
Verken Psalms 27:13
5
Psalms 27:5
Die Here beskerm my die dag as slegte dinge op my afkom; Hy bewaar my teen gevaar; Hy help my uit die moeilikheid. Hy laat my by Hom wegkruip. Nou kan ek weer my kop optel. Die Here maak my ’n wenner.
Verken Psalms 27:5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's